Mariette du Toit Photography

Mariette du Toit Photography Wedding & Family Photographer based in Walvis Bay, Namibia.

Daar is iets aan 'n troue wat mense bymekaarbring op 'n manier wat geen ander geleentheid kan nie.Dit gaan nie oor die s...
19/06/2026

Daar is iets aan 'n troue wat mense bymekaarbring op 'n manier wat geen ander geleentheid kan nie.

Dit gaan nie oor die seremonie alleen nie — dit gaan oor die oomblik net daarna. Die lag. Die trane wat niemand verwag het nie. Die ouma wat nie kon ophou glimlag nie. Nefies wat mekaar jaag, niggies wat hardop droom oor hulle sprokies dag...

Dit is die foto's wat ek soek.

Every Matric Farewell, I watch the same scene play out.I'm standing with the parents, waiting for the first cars to arri...
18/06/2026

Every Matric Farewell, I watch the same scene play out.

I'm standing with the parents, waiting for the first cars to arrive. And while we wait, the stories start.

"Six months she spent finding that dress. We had twenty minutes for photos before the wind destroyed her hair."

"Her heel broke on the way in."

"The car was late. We were rushing the whole time."

Different families. Different schools. Same day. Every year.

It's why I've started encouraging families to separate the matric photos from the Farewell itself. Not instead of — just before. On a different day, when there's no deadline, no timeline, no hair-and-wind situation to manage.

When you have time to bring Gran and Grandpa. When Mom doesn't have to skip her own hair appointment. When Dad can actually stop and be in the moment instead of checking his watch.

The Farewell is one evening. The photos should last a lifetime. And that only really happens when there's space to breathe.

If you've got a matric in the house — or you're a matric reading this — I'd love to chat about putting together a session that works for your family. I'm based on the coast (Walvis Bay / Swakopmund) and I know exactly how to work with our very… spirited… afternoon weather. 😅

WhatsApp: 081 389 0244

📸 Sessions available before the Farewell season kicks off.
📍 Swakopmund | Walvis Bay | Surrounding areas
🔗 Book or enquire: www.emdtphotography.com/matric-portrait-photos

En skielik begin die jaar na 'n einde toe beweeg en saam met dit kom afskeide, somer troues... en sport geleenthede.Hier...
16/06/2026

En skielik begin die jaar na 'n einde toe beweeg en saam met dit kom afskeide, somer troues... en sport geleenthede.

Hier dan so paar datums - Alle datums tussen-in is ek dan langs die kus. ;-)

Eerste op die lys:
Vrydag 28 Augustus en Saterdagoggend 29 Augustus is oop - Outjo / Otjiwarongo/Waterberg

WhatsApp daai shoot idee en datum na +264 81 389 0244 en kom ons kyk of ons die tyd kan laat stilstaan vir 'n uur of twee.

Vandat ek gesien het, hy sit so, het ek geweet ek moet dit afneem.En vandat ek dit afgeneem het,  lê hierdie foto in my ...
10/06/2026

Vandat ek gesien het, hy sit so, het ek geweet ek moet dit afneem.
En vandat ek dit afgeneem het, lê hierdie foto in my hart. Elke keer as ek daarna kyk, besef ek hoe vinnig die tyd verby gaan.

Die vet baba voetjies wat so lekker in die lug geskop het... die eerste stukkende tone, die sagte voetjies wat begin harder word. En nou hierdie voete wat net nooit skoene aan het nie. En net nooit honderd persent heel is nie.

Ek wens ek kon vir mense op ‘n daaglikse basis herhinner hoe belangrik hierdie foto’s is. Of jy dit nou self neem of iemand kry om ‘n oggend saam met jou en jou kinders in die huis te kuier, hierdie foto’s is net so belangrik soos die vakansie foto’s, die beplande foto’s, die portrette en selfs die selfies.

Ek wens ek kon sê ek het genoeg geneem van my eie kinders, maar ek het nie.

In ‘n era waar ons oorval word met die visuele, maak seker jou foto’s hang teen jou mure, is gedruk in ‘n boek... is toeganklik. Maak seker jou eie kinders kan hulle foto’s sien en nie net die groter publiek nie. Maak seker jou memories is op meer as een plek gebêre en nie net digitaal nie. Gee jou kinders ‘n album om deur te blaai van hulle eerste jare en kyk die verwondering op hul gesiggies. Nie op ‘n skerm nie. In ‘n boek.

En neem daai foto’s wat nie ‘n prys gaan wen nie, maar wat jy vir altyd wil onthou.

Haar Ma d**k sy is my gunsteling blond...maar haar Ma d**k dalk soms verkeerd...Hierdie blonde rabbedo wat gemakliker in...
02/06/2026

Haar Ma d**k sy is my gunsteling blond...
maar haar Ma d**k dalk soms verkeerd...

Hierdie blonde rabbedo wat gemakliker in sport klere, op 'n sport baan is,
as in 'n rokkie in die mall,
het dalk so klein-klein bietjie van my ook in haar are.

Hoewel sy net so gemaklik in die mall is...
tussen ander van haar soort
Sugar-en-spice roomys in die hand
draai sy die wêreld om haar pinkie.

Ami... Lekker verjaar skattebol!
Dubbel-een is 'n lekker jaar!

(Shoot van lank-lank gelede. Ek d**k nie dit was ons eerste een nie, maar dit was verseker nie die laaste een nie).

DeWet &  As far as Friday evenings go, I think we made the most of it?
29/05/2026

DeWet &
As far as Friday evenings go, I think we made the most of it?


How do you celebrate an 18th Birthday to really remember it?You book a photoshoot!Keanu and his friends went with a Mafi...
29/05/2026

How do you celebrate an 18th Birthday to really remember it?
You book a photoshoot!

Keanu and his friends went with a Mafia / spy theme.
And I think it worked out pretty well!

Happy Birthday Keanu!

Partykeer vergeet ek wat die doel van hierdie werk is. Ek kyk na almal anders se foto’s (ja, ek weet, ek weet!) en wonde...
27/05/2026

Partykeer vergeet ek wat die doel van hierdie werk is. Ek kyk na almal anders se foto’s (ja, ek weet, ek weet!) en wonder hoekom ek nog shoots kry. Ek bevraagteken die doel van dit alles.
Hoekom neem ek foto’s?
Hoekom laat neem mense professionele foto’s?

Ek lê wakker in die middel van die nag en wonder hoe AI alles gaan beïnvloed.
Hoe gaan hierdie industrie oor 5 jaar lyk?

En dan edit ek ’n fotosessie met soveel oomblikke dat ek eenvoudig nie tussen hulle kan kies nie.
Oomblikke van sorgelose lag.
Omgee,
Oomblikke wat net ek deur my kamera gesien het.
Oomblikke wat dalk op iemand se sitkamer-muur gaan eindig.

En dan lig ek my kop,
Haal my kamera uit die sak en mik weer…

Miskien is die doel nie geld nie.
Want ek weet wraggies nie hoe ek ’n nuwe kamera gaan koop met die geld wat ek verdien nie.
Miskien is die doel nie om op Facebook gesien te word nie,
Al help dit om daardie volgende booking te kry.
Miskien is die doel om notisie te neem…
Van wat ander mense mis
En hulle te herinner dat die lewe rerig die moeite werd is.

Miskien was my doel nog altyd net om te sien
en dit neer te skryf,
om ’n foto daarvan te neem
of om mense te herhinner
dat die lewe oor meer gaan as likes,
shares en ’n indrukwekkende contact list.

Rene Viljoen

Address

Walvis Bay
13013

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 17:00

Telephone

+264813890244

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Mariette du Toit Photography posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Mariette du Toit Photography:

Share

Category