12/05/2026
Sommige mense stap in en uit jou lewe.
En dan is daar mense soos Claudette wat wat oor jare deel raak van jou hart se storie.
Ek ken Claudette al van lank voor sy en Thami se liefdesverhaal begin het. Ons deel ’n liefde vir mooi woorde, handgeskrewe briewe, diep gesprekke en poetry wat stilletjies in mens se hart kom nes maak.
Ek en Melindi het die voorreg gehad om by hulle troue te wees. Nou, soveel jare later, is hul liefde vir mekaar net sterker en is hulle drie pragtige kinders ryker.
Om hierdie gesin af te neem was vir my meer as net fotos neem. Dit was om oomblikke vas te vang van mense wat vir my kosbaar is. Die manier waarop hulle na mekaar kyk, die gelag en gespot, die liefde wat mens sommer kan voel sonder dat iemand ’n woord sê. Daardie liefde kan mens op die fotos raaksien.
Claudy en Thami, dankie dat julle my nog altyd deel gemaak het van julle mooi hoofstukke. Julle het ’n besondere gesin gebou en ek wens vir julle net die heel mooiste wat die lewe kan gee.
♥️♥️♥️♥️♥️