14/05/2026
Wat ’n voorreg om deel te kon wees van Martin & Angelique se mooiste dag. 🤍
Hulle liefde is sag, opreg en vol vreugde, die tipe liefde wat mens sommer kan voel in elke oomblik saam met hulle.
Na al die storms was dit ekstra spesiaal om te sien hoe perfek alles uiteindelik uitgewerk het.
Elke lag, elke kyk en elke klein oomblik tussen hulle het gewys hoe mooi hulle saam is.
Dit was werklik só lekker om hierdie ongelooflike paartjie se liefdesverhaal vas te vang. 🌿