Kiekie Lief

Kiekie Lief Lifestyle Photographer based in Port Elizabeth but loves to travel & meet new people in new locations

08/06/2026
What an unbelievable fun and amazing shoot with my old high school friend. Its always such an honour and privilege to wo...
17/04/2026

What an unbelievable fun and amazing shoot with my old high school friend. Its always such an honour and privilege to work with such great and professional talent. Chad is well known in the modelling and entertainment circles so when he says we need to update his portfolio you jump at the opportunity.

Thank you Chad for allowing me to capture these photos for you. You are always so prepared and organised and such a treat to work with.

Hierdie lydingstyd het ek 5 goed agter gekom wat fotografie en Paasfees ingemeen het. 1. Lig en Donker Net soos n foto l...
03/04/2026

Hierdie lydingstyd het ek 5 goed agter gekom wat fotografie en Paasfees ingemeen het.

1. Lig en Donker

Net soos n foto lig nodig het om die prentjie te vorm het ons Jesus in ons lewe nodig, wat as die lig vir die wereld gekom het om vir ons die pad te wys.

2. Fokus

Net soos jy met jou kamera op die voorwerp of onderwerp moet fokus om dit in fokus te kry so ook moet ons op God gefokus wees en ingestel wees op Hom sodat ons duidelik die prentjie kan sien wat Hy vir ons lewe beplan het.

3. Ontwikkeling

Of jy nou tradisioneel met film werk of digitaal gaan alle fotos deur n onwikkeling proses om die finale produk perfek te kry. Net so moet ons so gefokus wees op Jesus dat ons n intieme verhouding met Hom ontwikkel dat ons ook in Sy beeld kan vorm.

4. Mense verhoudinge

Met enige suksesvolle fotografie besigheid moet jy mense verhoudinge he, jy moet die idee wat jy het goed kan oordrae, dit is ook belangrik hoe mense oor jou voel nadat hulle n sessie by jou gehad het en hoe jou kommunikasie is voor en na n sessie. Net so belangrik is ons verhoudinge met ander gelowiges en nog belangriker nie gelowiges. Probeer ons vissers van mense wees? Hoe voel mense nadat hulle in ons teenwoordigheid was? Kan hulle Jesus in ons lewe ervaar?

4. Die eind produk

Daar kom n dag wat jy klaar is met al die fotos, waar al jou tyd ingesit is en jy die finale produk moet lewer…… en so gaan die dag ook aanbreek waar ons by ons Vader gaan aankom, Hy gaan kyk wat jy alles gedoen het met jou talente, hoe jou “prentjie” lyk. Of jy op Hom gefokus was, met hom n verhouding ontwikkel het en hoe jou mense verhoudinge was.

Maar in hierdie Paastyd kom God se woord:

Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. Johannes 3:16

Mag hierdie Paasfees jou herinner:
die Lig het gekom,
die prys is betaal,
en deur Jesus is ons vir altyd vry.

GESEENDE PAASFEES

Natassja is ons laaste model van een ongelooflike lekker fotosessie. Hierdie fotosessie is eintlik so spesiaal want elke...
20/03/2026

Natassja is ons laaste model van een ongelooflike lekker fotosessie.

Hierdie fotosessie is eintlik so spesiaal want elke vrou wat afgeneem was is op n heentemal ander fase van hul lewe. Van student, vrou, mamma wat n babatjie verwag, mammas met klein kinders en n ander met tiener kinders en selfs iemand wat n ouma is.

Hoekom noem ek dit....... want elke liewe deel van vrou wees is pragtig en spesiaal, in elke fase van jou lewe ondek jy n nuwe deel van jou wat gevier moet word.

Blom waar jy geplant is!!!

Ek wil net weereens n ongelooflike groot dankie se aan elke liewe persoon wat deel was van die fotosessie.

Deidre dankie dat jy jou plaas G&K Bouquets oopgemaak het vir ons om fotos te kom neem en al jou gasvryheid. die kos, koffie en water. Jy is n ongelooflike vrou.

Carla van Love for Beauty Salon dankie dat ons jou rokke kon gebruik het vir die fotosessie en dat jy die hele dag gehelp het om reg te trek waar nodig.

Canvas Roses en Blooms dankie dat julle vir ons pragtige blomme van julle eie plase geborg het. Dit word so baie waardeer.
... en laaste aan elke model baie dankie vir julle tyd en ver ry om die sessies by te woon. Dit was ongelooflik lekker gewees om elkeen al was dit so vinnig te ontmoet.

My gebed is dat God elkeen van ons besighede sal seen, dat ons so sal omgaan met mense dat ons sy naam verheerlik en mag ons besighede n seen vir ander wees.

Rok: Love for Beauty Salon
Fotos: Kiekie Lief
Venue: G&K Bouquets
Blomme: Canvas Roses en LS Blooms
Model: Natassja

Address

Port Elizabeth

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 16:00
Saturday 08:00 - 11:00

Telephone

+27658713614

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Kiekie Lief posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Kiekie Lief:

Share

Category