22/04/2026
"Sneak Preview"
Soms gebeur die mooiste oomblikke wanneer jy dit die minste verwag… ✨
Wat begin het as ’n gewone fotosessie, het vinnig verander in iets uit ’n sprokie. Terwyl sy gedink het ons neem net herinneringe vas, het hy in stilte die grootste vraag van sy lewe gereël. En toe, tussen lekker lag, sagte k**e en liefde wat hulle vir mekaar beskryf… het hy op sy knie gegaan. 💍
Haar verrassing, die trane van vreugde, en die pure liefde tussen hulle twee... dit was ’n oomblik wat geen woorde ooit heeltemal kan beskryf nie, maar wat vir altyd vasgevang is in elke foto.
Liefde soos hierdie is skaars, eg en absoluut asemrowend. Ek voel so bevoorreg om deel te kon wees van hierdie begin van ’n nuwe hoofstuk. ❤️
Liandri van Rooyen
Xander Koen