07/07/2026
Dit was so lekker om hierdie oomblikke vas te vang. 🫶En nog meer spesiaal die foto's wat ons in Tammy se ma se tuin geneem het. Dieselfde tuin waar sy groot geword het, en oor die jare met verskeie geleenthede foto's geneem het. En nou is dit 'n nuwe fase, van mamma-word. Jannie & Tammy, ek sien net so uit na die koms van julle dogtertjie! 🩷