01/09/2026
Lentedag tussen die blomme - wat kan dan nou lekkerder wees!
Clanflora en prof Magriet het vandag Westcoast National Park besoek. Katnaels, gousblomme, kattekrui, spinnekopblomme en vele meer spesies kon ons geniet. Spatsels blomme is nog op party plekke te sien. Die beste nou is om 'n piekniekmandjie te pak, jou Clanflora toep af te laai en rustig die verskeidenheid enkel blomme van naderby te bekyk.
Clanflora toep is gratis beskikbaar op Google Playstore.
Mag jou Lentedag net so kleurvol soos ons s'n wees.
Clanwilliam Toerisme Weskus Tourism West Coast Way SA Namaqua West Coast