African Mosaic

African Mosaic All images on this page are the sole property of and fully Copyrighted to Joggie (JM) van Staden. Mo As of July 5th, 2014 at 11:43 a.m.

African Mosaic offers a variety of services in the field of photography by Joggie van Staden. With vast experience in different disciplines I provide photo workshops and personal training. I also offer a number of other packages, namely photographic tours and stock photography for my corporate clients. A selection of my images are on display for sale on the magnificent website Savanna Fine Art, as

canvas & fine art prints : https://savannafineart.com/ If there are any of the other, more than 2500 images on this African Mosaic page that you are interested in - please contact me via Messenger or E-mail me at [email protected]

The copyright of the photograph(s) supplied remains vested with the photographer. Artist's Reference rights allow the non-exclusive right to use the photograph(s) for derivative artwork only and does not grant the right to publish, hire, lend or otherwise market the original photograph(s),(including placing the photograph(s) on any web site). Eastern standard time, I do not give Facebook or any entities associated with Facebook permission to use my pictures, information, or posts, both past and future. By this statement, I give notice to Facebook it is strictly forbidden to disclose, copy, distribute, or take any other action against me based on this profile and/or its contents. The content of this profile is private and confidential information. The violation of privacy can be punished by law (UCC 1-308- 1 1 308-103 and the Rome Statute).

Moenie onnodig krap
15/11/2025

Moenie onnodig krap

15 November 2025
Moenie onnodig krap

moenie met kwaai woorde aan
ʼn reeds “warm” gemoed krap
... jy maak net meer vlamme
en die vonke spat
op onskuldiges wat naby staan

Skrywe © Amanda Steinhöbel
Foto © Joggie van Staden - In die smeltkroes van 'n kunstenaar. My vriend en bekende beeldhouer - Robert Leggat van Plettenbergbaai besig om koper te smelt vir 'n beeldhouwerk. Die groen kleure in die vlamme is afkomstig van die koper-oksiede wat ontbrand.

Kort net suiker
04/10/2025

Kort net suiker

4 Oktober 2025
Kort net suiker

man en vrou het ʼn meningsverkil
en vrou sê: nou toe
jy’t my in jou koppie geskink
die dag toe ons trou
nou moet jy drink
maar die man antwoord:
sekerlik my vrou
maar vandag nodig jy bietjie suiker
om jou meer drinkbaar te maak

Skrywe © Amanda Steinhöbel
Foto © Joggie van Staden - Ons het almal kort 'n bietjie suiker so dan en wan. Die hondjie se naam is Jelly-Tot , het haar in my studio in George afgeneem :-)

Geniet die mooi
14/09/2025

Geniet die mooi

14 September 2025
Geniet die mooi

val die blommetjie my geskenk
sommer so uit die bloue wolkeniet
en soek ek agter wattewolke
waar die gawe blomme-engel tog skuil
maar besef dan weer opnuut
mens nodig nie altyd rede of oorsaak
om ietsie mooi te geniet

Skrywe ©Amanda Steinhöbel
Foto © Joggie van Staden - 'n frangipani blom in die wolke se weerkaatsing op my kar se enjinkap. Geneem by die "Red Stone Hills" naby Calitzdorp.

26th August - African Wild Dog Day - My contribution showing late afternoon shots of a Wild dog pack outside Skukuza, Kr...
26/08/2025

26th August - African Wild Dog Day - My contribution showing late afternoon shots of a Wild dog pack outside Skukuza, Kruger National Park

Aardgenotjies
10/08/2025

Aardgenotjies

10 Augustus 2025
Aardgenotjies

onverwagte vreugde
spruit uit dankbaar leef
en blydskap vir geen spesifieke rede
anders dat dit weer
deur jou opgefrommelde gevoelens
spoel en riffel
wanneer jy vir ʼn oomblik stilstaan
langs donker gemoedspoele waar jy nié wil wees
maar tog opkyk na die hemel
wat weerkaats in jou probeer
en soms onverwags, op die regte tyd
kom daar aardgenotjies oor jou pad
wat jou lag weer klank gee
moeilike omstandighede ten spyt
aardgenotjies ... klein dingetjies
wat jy toelaat om gróót te raak
in jou teenwoordigheid

Skrywe © Amanda Steinhöbel
Foto © 'n Pasgebore Bleshoenderkuiken geniet die vryheid van die groot waters buite sy oopgekraakte dop - Wildernismeer, Wildernis

Balans
02/08/2025

Balans

2 Augustus 2025
Balans

daar was ʼn man ... met twee enkelkyk oë
die een oog sien kwaad en hartseer
die ander oog sien vrede en blydskap
saam kon hy hulle nie gebruik
altyd het hy agter ʼn ou gedagteboom geskuil
om die wêreld vir tye lank met een oog te betrag
maar toe word hy moeg vir alles wat die lewe
in sy sigveld plaas ... vir alles waarna hy nie wil kyk/
en op ʼn dag kom hy tot die besef
wegkruip gaan nie sy kykery verbeter
hy het altwee kykers nodig om die geheel te sien
... die goeie en die slegte
want kyk hy net na die goeie
leer hy nie hoe om die slegte te hanteer
en as hy net die slegte raaksien, is hy bevrees
sal hy vergeet van die al die goeie dinge op sy pad
toe roep hy uit: ... bring it on, life
want met krag van bo sal ek jou vol in die gesig staar
en met geloof, soos die van ʼn kind
sal ek aanhou om hierdie Godgegewe lewe te vier
... laat dit so wees!
en van toe af kon hy altwee oë tegelyk gebruik
... sy balans het hy gevind!

Skrywe © Amanda Steinhöbel
Foto © Joggie van Staden - 'n aleenloper Olfantbul so pas na 'n ordentlike modderbad. Geneem in South-Luangwa National Park, Zambia

Die dans van ʼn brander
31/05/2025

Die dans van ʼn brander

31 Mei 2025
Die dans van ʼn brander

ai, as ek darem kon dans
soos ʼn brander
dan dans ek van vroeg tot laat
van hoog tot laagwater
en wanneer die water laag is
(as die maan my pret bederf)
hou ek aan om te dans, net minder
... met minder fril
maar dans sal ek dans
want wat is ʼn brander tog
as hy nie kan dans soos hy wil

Skrywe © Amanda Steinhöbel
Foto © Joggie van Staden - 'n brander dans sy laaste dans voor dit breek op die rotsagtige kus van die Kai Tikqua Privaat Natuurreservaat buite George.

17/05/2025

17 May 2025
Leef

ons lewe word n boom
waar jare aan takke groei
en dae blom en blaar met ʼn vaart
in seisoene
om by te voeg, nog ʼn ring
in die stam geaard
en so word nog ʼn jaar omkring

en ons leef met wortels verstrengel
tussen gister en vandag
in ʼn dapper poging om ons doel te bereik
en ons drink en eet en is dankbaar
vir nog ʼn dag, om te deel en gee
aan ander wat ook wil lewe
... al is een plus een nie altyd twee

Skrywe © Amanda Steinhöbel
Foto © Joggie van Staden - stewig ge-anker op die walle van die Zambesi naby Tete, Mosambiek.

11/05/2025

11 Mei 2025
Uit die dop

rondom jouself gebou
skanse vir beskerming
kan met die jare ragfyn
en meer deurskynend word
wanneer jy jouself toelaat
om rond te kyk, te sien
dat skanse nie nodig is
want soms is meeste van jou vrese
onnodige selfpyn
en alles rondom jou kan verander
in die mooiste kleure
wat jy jouself van ontneem
om in groene hardheid weg te kruip
maar wanneer jy op ʼn dag
gereed is om ryp te word in die gees
kan jy jou dop verlaat
en net jou eie vrye self wees
... die groen blindheid is weg

Skrywe ©Amanda Steinhöbel
Foto © Joggie van Staden - die fyn aartjies om die vrughuisie van 'n appeliefie word 'n kunswerk in die lig van die ondergaande son en so bietjie speelwerk met weerkaatsings op blink gekenkpapier. Foto geneem in my tuin in George.

Sonskynmense
03/05/2025

Sonskynmense

3 Mei 2025
Sonskynmense

vrolike sonkykers
kry ook malkoppie dae
dan gryp hulle hier en los daar
gedagtes draai rondomtalie
en voel deurmekaar
in ʼn waas van kom en gaan
maar kort voor lank
net voor die kop homself
afdraai teen die rugstring
neig dié soort mens altyd
gou-gou weer terug
met al sy stingels in een pot
en kyk na die son wat skyn
en gesels en lag en sing
so deur hul klag en pyn
en dié kosbaar “blomme”
is altyd ʼn welkom ruiker
in enig’ mens se lewe

Skrywe © Amanda Steinhöbel
Foto © Joggie van Staden - 'n foto-interpretasie van my innerlike emosie as ek 'n potvol sonneblomme sien - 'n lae sluiterspoed met 'n tikkie zoom en twist daarby :-) geneem in George

26/04/2025

26 April 2025
Boelie-dae

die klein sonstraaltjie
loer oor die berg en roep ontsteld:
kyk daardie boelie van ʼn brander
hy gee die kleintjie nie kans
om weg te kom
hy gaan bó-oor hom spoel!
maar die groot sonstraal sê:
dit maak nie saak
altwee dien dieselfde doel
klein en groot
nes ek en jy ook soms
op een plek meer skyn as op ander
afhangende van weersomstandighede
maar skyn sal ons skyn
en die see sal brander
want die lewe is soms ʼn boelie
maar ander dae weer liefkalm
en komkommerkoel
een dag vreugde ... ander dag pyn
en die dae wanneer die boelie
bo-oor jou spoel
dan d**k jy aan die kalm dae
en wéét jy het ook ʼn doel

Skrywe ©Amanda Steinhöbel
Foto © Joggie van Staden - 'n Brander breek met groot bravade op Yzerfontein se strand, net om sug-sug terug te sypel tussen sandkorrels en skulpgruis :-)

05/04/2025

5 April 2025
Die gawe van vergifnis

hoe wyd is die deur
waar jy ander toelaat om in te kom
hoe hoog is die wande van jou pyn
hoe breed die opening waar jy
die sonlig van vergifnis toelaat
om na binne te skyn
hoe bang is jy om oop te maak...

maar deur die jare het ek geleer
dat goed en sleg
dieselfde opening gebruik
en ek het begin asemhaal ... asem in, asem uit
en begin lewe in die rustigheid van vergifnis
met “deure” ongesluit
sodat vryheid en vreugde
bínne-in my kan huismaak
... en dít bring volkome vrede

Skrywe © Amanda Steinhöbel
Foto © Joggie van Staden - die "Arch rock" op die strand naby Keurboomstrand, Plettenbergbaai

Address

11 Spruit Street, Twee Rivieren
George
6539

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when African Mosaic posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to African Mosaic:

Share

Category