11/11/2022
Ek’t ‘n kortverhaal gedig geskryf vir hierdie foto.
“Daar’s ‘n dorp in die sterre,
die sterre sterre.
Daar bo staan ‘n man
hy’t vet op sy gevreet.
Hy kom soms af.
Tussen ons strate loop hy
groet ons met die hand.
Goed dankie, self?
Help nie om te kla nie.
Daar’s nie kak nie want daar’s nie kos nie.
Al my beeste verdwyn!
Terug gaan hy,
Sterredorp toe met hom.
Loer terug na ons
met geelvet op sy gevreet.”