Mejandra Photography

Mejandra Photography Where dreams become reality. Professional photographer located in the North West, but love to travel anywhere from 2018. Jeremiah 29:11

I am here to take your extraordinary photos in an extraordinary place. I am a photographer who can help you with any photography needs you may have, such as :

Portrait photography;
Family photography;
Couple photography;
Maternity photography;
Eldery photography;
Food photography;
Small intimate weddings;
Event photography;
Product photography;
Corporate photography;
Animal photography with peopl

e;
Lifestyle Newborn photography;
Child photography;
Sports photography;
Headshot photography
Fashion photography;
Candid photography;
Stock photography;
Documentary travel photography.

Wat d**k julle ? D**k julle ek het gegroei in die trou fotografie-industrie? 🥰 Mejandra Destination Elopement Photograph...
26/05/2026

Wat d**k julle ?
D**k julle ek het gegroei in die trou fotografie-industrie? 🥰
Mejandra Destination Elopement Photography

Ek lief mense soos Orianne Farmer van The Farmers Photography & Film ! 🎞 Dankie vir die voorreg om jou te help hierdie troue af te neem. 💍

Wilgerstroom Boerdery het nuwelinge gekry; ja die lammetjies in die kudde,maar die mees kosbaarste nuweling in hulle hui...
22/05/2026

Wilgerstroom Boerdery het nuwelinge gekry; ja die lammetjies in die kudde,
maar die mees kosbaarste nuweling in hulle huis, GJ Junior & Marlucia se seuntjie, GJ Junior Junior.

Sussie Marluné wou net boetie vashou & soen,
sy is klaar baie beskermd teenoor hom.

Ek stap saam die gesin al ń langpad,
vanaf GJ & Marlucia se verlowing 2022,
wat ń voorreg!

Hierdie fotosessie is ń moet om deur te blaai en kyk! 🐑

Vandag se caption is nie geskryf deur my nie maar Lizé, want hier is ń mooi-diep storie agter die foto’s! 🖋 “Ek, Lize, t...
07/05/2026

Vandag se caption is nie geskryf deur my nie maar Lizé, want hier is ń mooi-diep storie agter die foto’s! 🖋

“Ek, Lize, toe nog ’n derdejaar Beroepshigiëne student, en Dawid, ’n vierdejaar student, het ons nie heeltemal per toeval ontmoet nie - ons het al van mekaar geweet. Maar dit was eers tydens ’n fisiologie-prakties, waar ons ’n laboratoriumblad moes deel, dat dinge werklik begin het. ’n Handskud, ’n paar “nota-uitruilings” na klas… en skielik was daar iets meer as net studies wat hul aandag gehou het.

Dis waar alles begin het… ’n eenvoudige oomblik wat gegroei het tot iets besonders.

Op 5 April 2026 het Dawid toe die groot vraag gevra! 💍

Ons wonderlike couple-vriende, Jana en Wilmar, het van so ver as Namibië ons verlowingsfoto’s geskenk. Dit is ’n herinnering wat ons altyd sal koester. En om dit nog meer spesiaal te maak, het ek besluit om my oupa se 1978 Porsche Targa te gebruik - dit was deur my twee ouer boeties en my eie matriekafskeid as kar gebruik.

En só begin ons verhaal… nog nie finaal bevestig nie, maar met ’n droom en plan vir 2027.”

PS. Kyk in die 'comments'… daar sal ń foto geplaas word van Lize se ma en pa by die Porsche toe hulle seker so 24 was. WOW! Die Porsche word gekoester deur elke generasie! 👥

04/05/2026

Dit was so bitterlik lekker & ʼn voorreg om die aand te kon vasvang in foto & video formaat. 🎞📷📽

Ek kan gewoont raak aan die optredes want dit toets definitief my kreatiwiteit & potensiale talent wat in my lê, gegee deur Jesus! Ek moet nog baie leer. 🌟

Dankie Angelique Kleynhans van Artistique Productions wat in my glo om haar besonderse funksies te kan afneem. 👏🏼🎧🎤

Call now to connect with business.

Ek het iets gedoen... ek moes dit doen -want die sentimentele blomme in my huis gaar net stof op en begin spinnerakke kr...
27/04/2026

Ek het iets gedoen... ek moes dit doen -
want die sentimentele blomme in my huis gaar net stof op en begin spinnerakke kry!

Hierdie blomme was afgeneem tydens ń verlowings fotosessie die 4 de April, na die fotosessie het die kliënte die bouquet sommer in die boom gesit om daar te los. Ek kon dit nie in my hart kry om dit net daar te los nie - ek vat dit toe huistoe besluit ek.

Vandag het ek met my D.I.Y. projek begin om al my sentimentele blomme wat ek oor die jare in versamel het tydens fotosessies nou begin raam om die stof en spinnerakke bietjie te verminder- KYK HOE MOOI!

Wie sal daarvan hou as ek hulle blomme na ń fotosessie so mooi kan bêre in ń raam, al verloor dit sy kleur - behou hy die herinnering?

-m

I photographed Chané’s matric farewell back in 2021 and the photos are posted on this page; and now, on 15 April 2026, h...
24/04/2026

I photographed Chané’s matric farewell back in 2021 and the photos are posted on this page; and now, on 15 April 2026, her very first degree… how is that even possible? Time has flown unbelievably fast.

She received her degree and a Golden Key for her “Bachelor of Education in Senior Phase and Further Education and Training Phase Teaching with Life Sciences for Education.”

These photos truly deserve a permanent place on my page and here’s why:
Just look how incredible they turned out at NWU - North-West University new Education Faculty lab.
She had the most amazing professor who gave her permission to take photos inside - the very space where she spent countless hours learning and growing.

And today, Chané is a Grade 8–9 Natural Sciences Teacher at Hoërskool Wesvalia, Klerksdorp.

The support system Chané has from her family and friends is truly something special it really does take a village!

I am so proud of you, Chané. It’s such a privilege to witness you grow up right in front of my lens.

ʼn Stille droom van my wat waar geword het die 21 ste April, 2026!Ek en my man was genooi as Pastoorspaar om die byeenkom...
23/04/2026

ʼn Stille droom van my wat waar geword het die 21 ste April, 2026!

Ek en my man was genooi as Pastoorspaar om die byeenkoms by te woon by The Willow Garden Hotel saam ander kerke se leiers vir die Kerkontbyt wat Solidariteit Helpende Hand Noordwes-Streek gereel het. Dit was absoluut leersaam & ʼn eye-opener soos hulle sê wat ons definitief begin gaan doen by Jesus se kerkie, wat God aan ons toevertrou het mee PPK Lewende Waters - Oorspronklike blad. Dankie Hannes! 🙏🏼

Ek vra toe impulsief vir Tannie Marna Swanepoel wat ons genooi het kan ek nie dalk kamera fotos neem nie - dan verlos ek hulle bietjie van die foon fotos. ʼn Klein-groot opgewondenheid het in my hart gebrand want dit was nog altyd ʼn droom van my om vir Solidariteit - Helpende Hand fotos te neem. Dankie Jesus - U tyd is altyd PERFEK! ⛪️📷

Clarissa en haar twee vierbeen-lyfies is altyd ’n fees voor my kamera. Hierdie is al die tweede jaar, en elke jaar raak ...
23/12/2025

Clarissa en haar twee vierbeen-lyfies is altyd ’n fees voor my kamera. Hierdie is al die tweede jaar, en elke jaar raak dit net nóg meer kreatief as die vorige een.

Sy het baie graag die kerstyd as tema wou hê, en toe moes ons maar kalk-myn toe gaan, want dit is die naaste wat ek aan “sneeu” kon kom en terselfdertyd iets anders en uniek in die foto’s kon vasvang.

Wat vir my besonders uitgestaan het, was die kruis. Ja, die vreugde lê beslis daarin wanneer familie bymekaar kom en saam lekker eet, maar hoe wonderlik is die ware rede agter alle geluk: Jesus wat Homself vir ons opgeoffer het - uit liefde, en nie omdat ons dit verdien nie. Daarom is dit so ń groot eer om Sy geboorte te vier.

Hierdie hele fotosessie is ongelooflik spesiaal, mag die foto’s jou hart laat glimlag. Mag die fees-seisoen jou laat glimlag! 🌟

Address

Klerksdorp

Opening Hours

Monday 08:00 - 22:00
Tuesday 08:00 - 22:00
Wednesday 08:00 - 22:00
Thursday 08:00 - 22:00
Friday 08:00 - 22:00
Sunday 12:00 - 20:00

Telephone

+27767491223

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Mejandra Photography posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Mejandra Photography:

Share