Sanet du Toit Photography

Sanet du Toit Photography Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Sanet du Toit Photography, Photographer, Ladismith.

15/12/2023



Hallo!

Julle sal onthou dat ek vroeg die jaar probeer het om op te hou foto's neem. (Yeah right, as if that happened!)🤭🤣

My rede hiervoor was omdat ek so min tyd gehad het tussen my voltydse werk by die prokureurs firma, om beide Mamma & Pappa vir ons dogtertjie te wees, (my man werk oorsee), fotograaf te wees en om daagliks aan ons droom te werk om eendag in Kanada te gaan woon en werk.

Maar julle spesiale klomp mense wou my nie laat gaan nie! 🤭. Dankie dat julle soveel vertroue in my gehad het. 🙏 Dankie dat julle my motiveer het om harder te werk. Om tyd te máák vir foto's. (Ja, dit is waar die kringe onder my oë vandaan kom! Nagtelike ure se editing!)🤣

Dankie dat julle soms bietjie langer gewag het vir jul foto's. Sommige dae was holderstebolder deurmekaar. Sommige dae was my gemoed vol en my trane naby. Sommige dae het julle sommer so tussen die winkelrakke 'n tissue in my hand gedruk! 🥹

Ek en my gesin het verskriklik baie opgeoffer die laaste, (amper), 2 jaar. Ons opofferings was die moeite werd. Ons het dit reggekry. Ons seisoen in Ladismith is amper klaar...🍁

Ons huis is leeg, my stoel by die prokureurs firma is leeg, my kamera is gebêre en ons vliegtuig kaartjies is bespreek... ✈️

Nou begin die moeilikste deel... Om totsiens te sê. 🥹 (As julle my dus in die dorp sien oor die volgende week of 3 met rooi en dik gehuilde ogies, moenie vrae vra nie, kom gee my net 'n druk!)😉

Ek is so bly en dankbaar dat die Here my September 2015 terug na Ladismith gelei het. Dankbaar vir élke mens wie ek ontmoet het. Dankbaar dat ek my passie vir fotografie hiér tussen die Ladismitters kon uitleef en kon laat groei. Dankie dat julle my ondersteun het en saam met my 'n pad gestap het. Dankie vir dié wie nie net kliënte gebly het nie, maar vriende geraak het. 🤗

Ek gaan julle baié mis! Seëninge vir almal van julle.

Groete en liefde,
Sanet 📸

02/11/2023

Address

Ladismith
6655

Telephone

+27607088197

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Sanet du Toit Photography posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Sanet du Toit Photography:

Share

Category