Mel.FOTOGRAFIE

Mel.FOTOGRAFIE Professional Photographer

Die spoor onder hulle voete sê: vorentoe.Reguit. Sonder om terug te kyk. Sonder om te vra.’n Pad wat sny deur alles.Maar...
11/04/2026

Die spoor onder hulle voete sê: vorentoe.
Reguit. Sonder om terug te kyk. Sonder om te vra.
’n Pad wat sny deur alles.

Maar hulle oë sê iets anders—
hulle sê: saam...
In elke kyk, elke stil oomblik tussen die geraas, lê daardie een sekerheid wat nie geskud kan word nie.

Want dalk is dit al wat ooit saak maak—
nie om elke draai te ken nie,
nie om die eindpunt te sien nie,
maar om te weet wie langs jou stap wanneer die wêreld aanhou beweeg.

En daar, tussen staal en grond,
het Marco en Ziane nie net ’n rigting gekies nie…
hulle het mekaar gekies❤️

Daar is iets baie besonders aan ’n vrou wat 40 word en besluit om nie net die oomblik te vier nie, maar dit vas te vang....
11/04/2026

Daar is iets baie besonders aan ’n vrou wat 40 word en besluit om nie net die oomblik te vier nie, maar dit vas te vang.

Op die stil grond van Mareetsane, tussen stofpaaie, sagte lig en natuurlike waterstrome, het Jolind haar storie saamgebring — nie net haar eie nie, maar dié van haar drie grootste skatte. Haar twee seuns, vol grappies en tonne liefde vir hulle mamma, en die man langs haar wat die jare saam geweef het in iets stil, sterk en eg.

Hierdie is nie 'n storie wat ek hoef te verduidelik nie — want jy sien dit... In die klein, ongevraagde oomblikke tussen die foto’s. Daar waar liefde nie geposeer hoef te word nie.

Vir Jolind is hierdie haar wêreld. Vol hartjies en wishies en liefde en lekker lag! Julle is perfek in elke opsig📸🩷

A tiny wonder hovered between the flowers, part moth, part bird, pure magic. Wings humming faster than time, it floated ...
21/01/2026

A tiny wonder hovered between the flowers, part moth, part bird, pure magic. Wings humming faster than time, it floated in mid-air, sipping nectar with a delicate reach, as if the garden itself had summoned it. For one enchanted moment, everything paused—and I caught the quiet beauty of this little pollinator in flight. At first glance I thought it was a miniature bird—but no, it was an African hummingbird hawk-moth (which I had to google image search), hovering with the confidence of something that knows it’s magical.

Its wings beat so fast they blurred into motion, yet there it was, perfectly balanced in mid-air. A long, delicate proboscis reached out like a straw for nectar, while its beautiful markings caught the soft natural light. For a brief moment, time slowed, and I was lucky enough to freeze it—this tiny dancer—right in the act.

A reminder that gardens are full of small wonders if we just stop and look. Nature has a way of showing off when you least expect it.

This is my garden - pollination in perfect motion—a quiet meeting arranged by nature long before we were watching. A bee...
16/01/2026

This is my garden - pollination in perfect motion—a quiet meeting arranged by nature long before we were watching. A bee drifts in, dusted with pollen, drawn by signals we can’t see.

Nature’s smallest gardener at work, guided by instinct older than memory. This is where beauty meets biology: the passion flower on its twisting vine, shaped like a symbol, built like magic.

Tiny wings, massive impact... In this brief exchange, futures are set—fruit is promised, and life is continued.
The bee never lingers, but for a moment, the world hums, and something ancient is complete🐝

Drie vriendinne, drie harte vol lief en lag🩷Van die eerste klik af was die fotosessie een groot speelgrond—hare waai in ...
08/01/2026

Drie vriendinne, drie harte vol lief en lag🩷

Van die eerste klik af was die fotosessie een groot speelgrond—hare waai in die wind, grappies vlieg vinniger as die kamera kan byhou, en elke oomblik is vol spontane pret. Hulle lag oor ou stories, maak nuwe herinneringe en vergeet vir ’n rukkie van alles buite hierdie vakansietyd saam.

Is daar rerig iets lekkerder as om kind te wees?

Elvira en Donovan het hul klein dogtertjie onlangs in die wêreld verwelkom, en die liefde vir mekaar straal uit hul foto...
07/01/2026

Elvira en Donovan het hul klein dogtertjie onlangs in die wêreld verwelkom, en die liefde vir mekaar straal uit hul foto’s! Ou-sus is alreeds 'n trotse helpertjie, vol bewondering en nuuskurigheid.

Wat ’n voorreg om julle prentjie mooi oomblikke vas te vang! ❤️

Net voor Kersfees, op die plaas tussen die goudgeel blommetjies, het Hansie vir Tiffany verras met ’n verlowing wat hy l...
07/01/2026

Net voor Kersfees, op die plaas tussen die goudgeel blommetjies, het Hansie vir Tiffany verras met ’n verlowing wat hy lank en fyn beplan het.

Onder die wydvertakte, oeroue doringboom — ’n stille getuie van geslagte se stories — het Hansie se fyn beplande verrassing ontvou, terwyl familie die oomblik met stille vreugde aanskou het. Dit was so 'n mooi ervaring — ’n belofte wat wortel geskiet het tussen die goudgeel blommetjies💛

Mag julle liefde vir mekaar net aanhou blom!

"I linger where fear dances"Watching a praying mantis under my kitchen light was like seeing mindfulness in action. It s...
10/11/2025

"I linger where fear dances"

Watching a praying mantis under my kitchen light was like seeing mindfulness in action. It sits there, calm and focused, perfectly balanced between waiting and moving, showing us that even the tiniest creatures can carry big wisdom🤎

50 en Flippen Fabulous!💛Alushaine het haar verjaarsdag by Wayside Hotel gevier, en dit was ’n fees van die eerste tot di...
07/11/2025

50 en Flippen Fabulous!💛

Alushaine het haar verjaarsdag by Wayside Hotel gevier, en dit was ’n fees van die eerste tot die laaste oomblik! Met haar beautiful dogters aan haar sy, mense wat haar liefhet rondom haar, en ’n atmosfeer vol happiness, het sy hierdie mylpaal met g***s en geluk behaal.

Van heerlike kos en kuier, tot pragtige foto’s en stories wat almal laat lag het— het elke oomblik gestraal van warmte, liefde en vriendskap.

Address

Mareetsane

Telephone

+27828097272

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Mel.FOTOGRAFIE posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Mel.FOTOGRAFIE:

Share

Category