14/09/2026
Een van die dinge wat my altyd tref wanneer ek n geboorte afneem, is hoeveel mense eintlik saam vir daardie baba wag.
By Leanke se geboorte het ek dit behoorlik gevoel.💛
Lallie De Mesquita & Donovan was natuurlik in die middel van alles, maar om hulle was 'n hele familie wat gewag het. Ek kon die afwagting in die kamer sien. Die opgewondenheid, die senuwees, die vrae oor hoe lank dit nog gaan wees...
As fotograaf staan ek soms 'n bietjie terug & kyk.
Observeer.
Ek kyk hoe mense na mekaar kyk.
Hoe 'n ouma se gesig verander wanneer sy besef haar kleinkind is amper hier.
Hoe 'n pa probeer kalm bly.
Hoe almal se aandag uiteindelik op een klein mensie fokus.
En dan kom daardie oomblik.
Leanke is hier💟
Dit is vir my die lekkerste deel van geboorte fotografie.
Ek neem nie net die geboorte af nie.
Ek probeer die hele storie rondom dit sien.
Die mense, die verhoudings & al die klein oomblikke wat jy dalk nie besef belangrik was totdat jy jare later daarna kyk nie.
SA Birth Photographers