Gitte Jonas Photography

Gitte Jonas Photography "God het aan elkeen van julle 'n genade gawe gegee. Met hierdie gawes moet julle mekaar dien,
sodat

U P I N G T O N Ek is weer beskikbaar vir sessies x
10/06/2020

U P I N G T O N

Ek is weer beskikbaar vir sessies x

Voor ek enige shoots weer deel wil ek 'n appreciation post maak. Want julle, sonder mekáár - is ons NIKS. En sonder my h...
26/04/2020

Voor ek enige shoots weer deel wil ek 'n appreciation post maak. Want julle, sonder mekáár - is ons NIKS. En sonder my hartsmense sou ek GLADNIE wees waar ek vandag is nie. Dit wil ek baie duidelik maak.

Hierdie was my dierbare second shooter vir my laaste troue. My liewe Suné, genade jy het my gedra. Jy't agter lense en sakke en chargers en energiedrankies aangehardloop. Jy't mense laat lag en vóél en gerus gestel. Hoe moeër jy geraak het deur die 10 ure skof, hoe méér was jou deernis en sagmoedigheid, hoe méér was jou besorgdheid oor my en almal om jou. Jy't nie een keer aan jouself ged**k nie. Nie een keer jou eie belange voor dié om jou gesit nie. Nie oor jy ged**k het dit jou verantwoordelikheid was nie, maar oor dit jou HART en menswees is.

Ek kyk só op na die mens wie jy is en streef daarna om die lewensuitkyk te hê wat jy handhaaf. Ek eer die vrou wie jy is bid dat ek nog lánk by jou sal kan leer.

DANKIE vir die hart en moeite wat jy in mý drome plaas x

Indoor iPhone session🌿Soooo toe Enya 'n week terug foto's gedeel het wat sy geneem het deur Facetime, het my mond oopgeh...
24/04/2020

Indoor iPhone session🌿

Soooo toe Enya 'n week terug foto's gedeel het wat sy geneem het deur Facetime, het my mond oopgehang. 'n Photoshoot? Met 'n foon? Daar's nie 'n manier nie! "My perfeksionisme en pyn vir detail sal dit NOOIT kan hou nie!" het ek vir myself gesê.

Enya het my (en letterlik ALMAL anders) laat besef dat foto's nie gaan oor duur kameras en lense nie. Hierdie shoot het my só terug gevat na die basis en kernrede hoekom ek in die eerste plek begin foto's neem het. Dit gaan nie oor die kwaliteit nie. Dit gaan nie eers oor 'n foto se kleur of agtergrond nie. Dit gaan oor die emosie en herinneringe. Jou gevoel wat jy tydens die sessie ervaar het. NIKS kan DIT vervang nie.

Hierdie foto's blur, is uit fokus uit en die editing is geensins konstant nie. Maar dis PROPVOL giggels, intieme oomblikke en memories wat 'n leeftyd gaan hou. Niks en niemand sal my kan oortuig dat hierdie emosies ongeldig is as gevolg van die kwaliteit van die foto's nie.

Dankie my liewe Anmari en Franco dat julle ALTYD bereid is vir letterlik enige iets. Julle energie teenoor mekaar is aansteeklik en julle peanut butter smoothies verslawend! Ek wil konstant in julle teenwoordigheid wees. Dankie dat ek mag♥️

24/04/2020

Franco & Anmari se indoor iPhone sessie is gepost😍🙌🏼

Soveel keer was ek al gevra of ek nie jaloers raak op al die verloofde paartjies wat ek afneem nie. Dit was vir my so vr...
08/04/2020

Soveel keer was ek al gevra of ek nie jaloers raak op al die verloofde paartjies wat ek afneem nie. Dit was vir my so vreemd dat mense dit vir my gevra het, maar ek kon die nuuskierigheid agter dit heeltemal verstaan.

Ek d**k net nie mense begryp werklik hoe ongelooflik dit is om só 'n groot verskeidenheid persoonlikhede te leer ken en dan te sien hoe elkeen van hulle perfek deel vorm van die persoon wat hulle gekies het om hulle lewe mee te spandeer nie. Dit laat my SÓ vas glo dat slegs God in beheer is en Hy ons sielsgenote al lankal uitgekies en gespaar het. Wat by elke enkele eienskap en flaw en quirk inpas. Ek het keer op keer beleef hoe iemand se hart floréér as gevolg van die persoon wat saam hulle die sessie aanpak. So hoekom sal dit my NIE uit my kassie uit opgewonde maak oor dit wat God vir mý spaar nie?

Sommige paartjies laat ervaar my hierdie gevoel meer as ander. En Ricardo en Chandre was BESLIS een van hulle. Hemel, hierdie twee vul mekaar aan. Hulle was nie net besorgd oor mekaar nie, maar oor my ook. En dit het my só nederig gemaak. Hulle albei is uiters selfloos en so vol grappies en geselsies. Hierdie twee sagte siele het myne bitter aangeraak en soveel meer bevestiging gegee dat ons Skepper magtig en heilig is. En hemel - Hy het ons só lief, want kyk watter harte plaas hy saam.

Nog heeltyd wou ek 'n post maak oor wat die afgelope ruk in my lewe gebeur het, maar die tyd het nie reg gevoel nie. Toe...
20/03/2020

Nog heeltyd wou ek 'n post maak oor wat die afgelope ruk in my lewe gebeur het, maar die tyd het nie reg gevoel nie. Toe hierdie virus uitbreek wou ek begin huil het van vreugde (ek weet dit klink vreemd, maar bear with me), want ek het besef dat God wou hê ek moes getuig van Sy goedheid en Sy boodskap moes oordra oor Hy die wêreld gaan laat ervaar wat ek vir weke al ervaar het.

So 4 weke terug moes ek afskeid neem van die persoon wat nog die naaste aan my hart was. Die gevoel van eensaamheid is skelm en 'n leuen, want God het SÓ DUIDELIK Sy helpers in my lewe sigbaar gemaak. Jaar na jaar het ek wat vriendskappe aanbetref gewissel tussen kwaliteit en kwantiteit, maar hierdie jaar het God altwee oorvloedig vir my gegee. Dis iets wat ek nooit ged**k het ek sal kry nie, want my siening was hoe kleiner jou groepie is, hoe meer eg is dit. Maar God het my lewe kom vul met mense wat só streef na Sy beeld en leiding. Julle dra my steeds💛

Twee dae na ek moes afskeid neem, was ek in 'n motorongeluk op pad sel toe. Ons moes baie hard bid dat my kar nie afgeskryf word nie, want die skade was redelik erg. Ek het dadelik begin lag (en huil) toe ek my Bybel op my kar se vloer gesien het. Ek is nie iemand wat glo dat jy die Bybel sommer net kan oopmaak en 'n vers as 'n boodskap kan vat nie, maar hierdie boodskap het God nogals duidelik gestel en perfek geraam (2de en 3de foto). Hoe DIREK en DUIDELIK is hierdie boodskap nie?

'n Week na dit het my kamera ingegee tydens 'n graadvang sessie. Wat vir my só snaaks was, is dat ek die hele week lank 3 tot 4 sessies 'n dag gehad het, maar dié dag slegs die een. Baaaaaiiie lang storie kort - DIERBARE Bernice Burger het haar kamera vir my vir 'n MAAND lank geleen en die ONGELOOFLIKE Rudy van Tonder het gereël om my kamera te LAAT HAAL sodat dit vir goedkoper reggemaak kan word.

Twee weke na dit het iemand my probeer aanval 21:00 die aand voor my koshuis na al die studente al huistoe was en alhoewel ek nie op dit wil ingaan nie, is ek veilig. Ek is nie beseer nie, niks is gesteel nie en God het my hart weer met kalmte kom vul.

Die dae daarna was absolute chaos, maar hierdie was die oomblikke waardeur ek nie ged**k het ek gaan kom nie, alhoewel Hy my hart met sóveel rustigheid deur alles bly vul het. Keer op keer op keer het God my nie net gewys dat Hy in beheer is en die PROMISE KEEPER is nie, maar dat ons as mede-Christene REGTIG nie sonder mekaar kan gaan nie. Julle - ek sou dit WERKLIK nie kon maak sonder ENIGE van my hartsmense en selfs die vreemdelinge langs die pad nie. Van my vriendinne wat kos aangedra het en hulle hande oor my geplaas het en saam my gebid het, na my ou dierbare Altus wat my kom optel en rondry het na my ongeluk, my liewe Sune wat haar kar vir my aangebied het, mede-fotograwe wat só selfloos was en net uit hulle harte gehelp het waar hulle kon - julle laat my daagliks in dankbaarheid staan.

My mentaliteit is nou al so geprogrammeer dat as iets sleg gebeur, ek met sóveel afwagting sit in kalmte en geduld om te kyk wat God gaan doen. Ek sit in absolute awe. En kyk met bewondering na 'n God wat WERKLIK IN BEHEER VAN ÁLLES is. Ek sien uit (ja noem my mal) en is dankbaar om deel te kan wees van hierdie tyd waar God die wêreld hierdie gevoel gaan laat ervaar☀️

En so skop die seisoen van gradeplegtighede af🥳 wat hierdie jaar vir my ekstra spesiaal maak, is dat ek volgende week ui...
03/03/2020

En so skop die seisoen van gradeplegtighede af🥳 wat hierdie jaar vir my ekstra spesiaal maak, is dat ek volgende week uiteindelik na 4 jaar se grade afneem, my eie ook gaan vang😍

Dankie aan elke enkele een van julle Potchefstroomers wat my vertrou met hierdie bitter sentimentele herinneringe. Wat 'n voorreg om te sien hoeveel honderde mense God geseën het met deursettingsvermoë, entoesiasme en 'n passie vir 'n bepaalde roeping.

Ek wonder soms of ons begryp hoe ongelooflik dit is om tydens sulke tye te sien hoeveel potensiaal God in ons mede-Christene gesit het. Dis so belangrik om te besef dat ons geensins so iets alleen kon bemagtig het nie. Iemand het betaal, probeer verduidelik, notas verkoop om hope werk minder te maak, saam gehuil oor te veel leerwerk, take help aanmekaar sit, saam klas toe gestap - iemand het vir jou GEBID. Hoe hoendervleis mooi is God se hart nie? Hy wil hê ons moet begryp hoe belangrik SY mense vir ons is en hoe nodig ons hulle elkeen op verskillende maniere het.

Ek sien uit na die volgende 4 weke Pukke🥳 ek kan nie wag om julle almal te ontmoet nie x

My hart is vól dankbaarheid en seën vandag. Maart is al amper PROPVOL bespreek met gradeplegtighede en net 'n sekere aan...
06/02/2020

My hart is vól dankbaarheid en seën vandag.
Maart is al amper PROPVOL bespreek met gradeplegtighede en net 'n sekere aantal datums en tye is nog oop. Met dit alles, is my 4de troue vir Maart vanoggend bespreek.
My Koning leef!

Maak seker jy bespreek so gou as moontlik om teleurstelling te voorkom. Ek waardeer julle elkeen OPREG💛

Tydens ons sessie het Sanja dit laat glip dat hulle swanger is en om te sê dat ek saam met hulle opgewonde is, is 'n und...
05/02/2020

Tydens ons sessie het Sanja dit laat glip dat hulle swanger is en om te sê dat ek saam met hulle opgewonde is, is 'n understatement. Enige iemand wat hulle ken, sal kan getuig dat hulle huwelik gebou is op vertroue, geloof en empatie. Hulle lyfie gaan die beste ouers in die wêreld hê.

BAIE geluk liewe Sanja en Manie. Ons bid saam met julle vir seën en gesondheid x

Daar is sekere mense met wie jy net click in die lewe. En sekere troues wat net vir altyd in 'n fotograaf se hart sal bl...
27/01/2020

Daar is sekere mense met wie jy net click in die lewe. En sekere troues wat net vir altyd in 'n fotograaf se hart sal bly. Tiaan en Cara se troue hierdie naweek was "one of those".

Mini preview van ons eerste troue vir 2020. En my hart is klaar gesteel x

So, vir die eerste keer in 22 jaar het ek vir myself doelwitte gestel waarop ek wil fokus vir die jaar 2020. Ek moet dit...
23/01/2020

So, vir die eerste keer in 22 jaar het ek vir myself doelwitte gestel waarop ek wil fokus vir die jaar 2020. Ek moet dit dalk eerder “mindsets” noem oor dit 'n reis eerder as 'n bestemming is. Klein, intensionele aksies wat deel gaan begin vorm aan 'n groter en baie kosbare einddoel.

Die meeste is persoonlike en kognitiewe mindsets, maar wat Gitte Jonas Photography betref, het ek besluit om 'n kopskuif te maak en om te begin om meer te post. Ek sit met honderde shoots wat ek nie die afgelope paar jaar gepost het nie omdat ek net nie die tyd gekry het nie en sosiale media eerlik net nie my sterkpunt was nie. My fokus was meer op my verhoudings met my kliënte en my voorbereiding vir my sessies en alhoewel dit steeds my hooffokus is, is dit vir my belangrik om mense se stories te vertel en meer gereeld te deel wat ek weekliks ervaar.

Nog iets waarop ek wil fokus, is ware emosie tydens my sessies. Dis die algehele kern van ALLES waarvoor hierdie besigheid staan en immers waarvoor ek glo God my geroep het. Ek wil nie foto's vir my kliënte gee nie. Ek wil ervarings en herinneringe en DIEP, ROU en sentimentele gevoelens laat voortleef deur 'n sekonde wat vasgevang word. Ek probeer al vir 4 jaar lank om hierdie 'n werklikheid te maak en om eerlik te wees, d**k ek nie ek gaan ooit ophou werk daaraan nie. Maar ek is geduldig met my reis en oneindig dankbaar vir elke enkele persoon wat my vertrou en openlik eerlik met hulle emosies voor my lens is.

2020 = minder ek, meer God se ware siening van liefde.

Mens sien soveel keer paartjies wat pole van mekaar is, maar hierdie twee is ewe gesellig en hulle energie was aansteekl...
02/12/2019

Mens sien soveel keer paartjies wat pole van mekaar is, maar hierdie twee is ewe gesellig en hulle energie was aansteeklik! Hulle was in hulle eie wêreld. Gefokus op mekaar en vol soveel grappe! Dié twee is beste vriende. Dit was so duidelik om te sien.

Suzanne het in die begin van die jaar een van my kompetisies gewen en ons het vir maande gesukkel om 'n datum te kry waar ons al drie in Potch is, maar genade - die wag was beslis die moeite werd! Daar is iets spesiaal aan sessies wat mens verniet doen. Mens word herinner dat géén geld ooit gekoppel kan word aan werklike, opregte emosies en liefde nie. Mense - 'n paartjie soos hierdie is skaars.

Liewe Suzanne en Bernic, ek sien uit na nog vele sessies saam met julle, maar meeste vir 2021!;) Julle was "a breath of fresh air" vir my en hierdie foto's sal my vir ALTYD in 'n beter bui sit.

Address

Potchefstroom

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Gitte Jonas Photography posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Gitte Jonas Photography:

Share

Category