30/12/2025
’n Troue wat regtig ’n storie vertel:
Izaan & Reyno Beukes — die trotse wenners van Bruidsgids se “Wen ’n Troue” Kompetisie 2025 🤍
Van die eerste oomblik af was dit duidelik: hierdie dag was meer as net ’n troue — dit was ’n viering van liefde, belofte en God se getrouheid. Om hul spesiale dag vas te vang was ’n absolute voorreg, en elke raam vertel ’n stukkie van hul unieke storie.
Dankie dat ek as Petzer Productions deel kon wees van hierdie besondere oomblik. Mag hierdie video julle altyd terugneem na die vreugde, emosie en skoonheid van daardie dag.
📽️ Videografie: Petzer Productions
💍 Bruidsgids – Wen ’n Troue Kompetisie 2025