17/07/2026
los gerus 'n π©· of deel hoe oud jou klein mensie nou is! As jy ook jou newborn sessie by Milestone Matters Photography gedoen het
.. 100 Newborn Sessies...
Vandag vier ek 'n mylpaal wat ek nooit sou kon droom nie... 100 kosbare newborn sessies.
100 klein wonderwerke.
100 unieke persoonlikhede.
100 gesinne wat my vertrou het met hul kosbaarste herinneringe.
Elke baba wat deur my studio se deure gekom het, het sy of haar eie storie gebring.
Aan elke mamma en pappa wat my gekies het om hierdie kosbare herinneringe vas te vang... dankie. Julle vertroue beteken vir my meer as wat woorde ooit kan beskryf. π€
En aan elke klein baba wat my 100ste newborn sessie moontlik gemaak het... julle sal altyd deel wees van Milestone Matters Photography se storie.
Sien uit na die volgende 100! π§ΈπΈβ¨