Emily & Rose Photography

Emily & Rose Photography 📍 Pretoria Based, Love capturing special moments for Moms!

My maag was letterlik seer van die lag ná hierdie sessie! 🤣Hierdie Grootboet het so effens "styf" begin, MAAAAAR toe ons...
10/06/2026

My maag was letterlik seer van die lag ná hierdie sessie! 🤣

Hierdie Grootboet het so effens "styf" begin, MAAAAAR toe ons hom eers aan die lag kry, was daar GEEN stop nie! Hy het letterlik die HELE tyd gelag. Dit is die flippen cuteste ding wat ek nog gesien het!!!

Hierdie Mamma en Pappa het al die pad van Witbank af gekom vir hierdie shoot, want Mamma se sussie was 'n paar maande gelede ook by my. Julle, ek LOVE dit as mense foto's kom neem nadat hulle familie of vriende by my was. Jis, dit is lekker! Ons bond sommer net op 'n next level. 🥰

Hierdie pakkie wat Boetie aangehad het, is vir my so mooi, en die neutrale klere wat Mamma, Pappa en Grootboet aangehad het, was net die perfekte match.

Ek het dit so geniet saam met hierdie gesin. Almal was so rustig en net so maklik. Ek hoop ek sien julle weer êrens, want julle is so verskriklik oulik!!!

Baie dankie dat julle my gekies het om hierdie spesiale tyd in julle lewe vas te vang. Dit was vir my 'n voorreg om julle te ontmoet.

10/06/2026
Elke glimlag, drukkie, laggie en liefdevolle kyk vertel 'n storie….My doel is om daardie egte emosies en natuurlike oomb...
08/06/2026

Elke glimlag, drukkie, laggie en liefdevolle kyk vertel 'n storie….

My doel is om daardie egte emosies en natuurlike oomblikke vas te vang in fotos wat julle nog vir jare sal koester!

🤍 Gesinsessies
🤍 Maternity sessies
🤍 Fresh48
🤍 Newborn sessies
🤍 Verjaarsdagfotos
🤍 Bo***ir sessies
🤍 En meer

📍 Studio in Moregloed
📩 Volledige brosjure beskikbaar op whatsapp: 069 235 6630

Ek sien uit daarna om julle spesiale herinneringe vas te vang!

🥰🥰🥰🥰🥰🥰🥰🥰🥰

Emily & Rose se heeel eerste shoot vs vanoggend!Hierdis is waar alles begin het en kyk net vandag hoe grooot het hierdie...
30/05/2026

Emily & Rose se heeel eerste shoot vs vanoggend!

Hierdis is waar alles begin het en kyk net vandag hoe grooot het hierdie klein madampie geword!🥹🥹🥹🥹

Dit was so lekker om julle raak te loop, en so so special!

Hoe dit begin het en hoe dit geeindig het😂
28/05/2026

Hoe dit begin het en hoe dit geeindig het😂

Hierdie is n cake smash om te onthou!!!Hierdie klein mannetjie het sy GATE uit geniet! Hy het so lekker koek geeet en be...
28/05/2026

Hierdie is n cake smash om te onthou!!!

Hierdie klein mannetjie het sy GATE uit geniet! Hy het so lekker koek geeet en beste van als, na dit het hy sommer n lekkkker “onbeplande” bad gevat daar in die studio (wel net hy het dit beplan!)😂

Hierdie koek was so so so mooi! Dit was n presiese replika van die koek wat mamma op die babatee gehad het (hoe special!).

Mamma en Pappa het dit net so baie geniet, hulle het heeltyd gelag en hulle verstom aan die manier wat hy eet, wel ek d**k eintlik ek meer want julle, somtyds met n cake smash is dit n gesukkel om n baba te kry om te eet! Maar nie DIE mannetjie nie!

Ag dit was n FEES!!! Bitter baie dankie dat julle by my studio kom fotos neem het, ek sal dit nooit vergeet nie!

Ek het sooo baie dames gekry wat belangstel in hierdie shoot en ek is SOOO EXCITED om almal se moosite fotos te capture!...
27/05/2026

Ek het sooo baie dames gekry wat belangstel in hierdie shoot en ek is SOOO EXCITED om almal se moosite fotos te capture!

Ek het letterlik 'n handjie-vol plekkies oor vir Junie, as jy nog 'n plekkie wil hê, whastapp my:

https://wa.me/message/COYAUGYDNQDLM1

Hierdie Mamma het altyd die oulikste idees. Sy is altyd so kalm en rustig en lyk of alles net altyd onder beheer is, ek ...
23/05/2026

Hierdie Mamma het altyd die oulikste idees. Sy is altyd so kalm en rustig en lyk of alles net altyd onder beheer is, ek love dit so baie!

Hierdie kleine Ryan was weer in my studio en julle!!! Ek love die klein dingetjie! Hy het nog steeds DIE MOOISTE lippies en die mooiste ou klein geaardheid. Ek het so lekker met hom gebond, ek en die blueberries! Hahahaha. Toe hy daai blueberries sien, toe is dit verby! En hoe oulik (en gesonder) is hierdie blueberries, jogurt en flapjacks as ’n cake smash? Ek het ged**k dis die oulikste ever.

En dan daai backdrop!!! Mamma het haarself oortref met haar oulikste idee! Ek en my twee girls het hierdie fotokies opgeplak en so lekker gekyk na elke fotokie van hierdie mooiste ou seuntjie. (Ja, ek is so bietjie agter met fotokies op FB laai, lewe gebeur 🤣🙈, ek het laas die behind the scenes gepost).

Liefste Sune, jy en jou man en seuntjie bless my elke keer as julle kom kuier. Julle is net so rustig en kalm en oulik. Mag hierdie seuntjie vir julle nog so baie geluk en vreugde bring! Mag hy julle so baie liefhê, vir ewig en altyd, so baie soos hy van blueberries hou!

Jy is die oulikste Mamma!

Address

Pretoria

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Emily & Rose Photography posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Emily & Rose Photography:

Share

Category