Dawie's Photos

Dawie's Photos Alle kommunikasie op skrif per e-pos asseblief / All communications in writing via e-mail please.

I have a passion to help people to collect memories that will last a lifetime.

27/09/2021
My hart gaan uit na geliefdes en vriende van ou grootman Nicolas Smit, wat hulle ontval het. Ek plaas graag hier die paa...
28/07/2021

My hart gaan uit na geliefdes en vriende van ou grootman Nicolas Smit, wat hulle ontval het. Ek plaas graag hier die paar foto's sonder watermerk wat ek van hom geneem het op 27 Julie 2019. Foto's word hier ook maar gekrimp, so as van sy naasbestaandes graag die oorspronklikes van hierdie in volgrootte wil hê, sal ek dit graag per e-pos aanstuur. Kontak my gerus.

Ek lees daar gaan vanjaar by die Kuierfees weer 'n "Alles Wat Dryf" kompetisie wees, en het toe gedink ek gaan haal weer...
07/03/2020

Ek lees daar gaan vanjaar by die Kuierfees weer 'n "Alles Wat Dryf" kompetisie wees, en het toe gedink ek gaan haal weer ietsie uit die verre verlede. Miskien is daar mense wat die persone op die vaartuie ken, of dalk self ook betrokke was.

30/07/2019

Alle foto's van die 2019 Gemsbok Rally is nou in 15 albums gelaai. Om per album deur die foto's te kyk, kliek links op die kieslys op Photos, en dan by Albums, kliek op See All. Die foto's met die watermerk wat u sien is net 400 x 267 pixels. Die oorspronklike foto's is natuurlik 6000 x 4000 pixels en op 'n lekker grootskerm lyk hulle natuurlik heeltemal anders. Die koste is R15 per digitale foto, en alle foto's wat aangekoop word, sal ook gesny word (cropping) sodat die onderwerp net mooi pas in die raam, of ek sal ook anders sny op versoek. Vir goeie rekordhouding en om misverstande te vermy kan u my asseblief per e-pos kontak op [email protected] indien u enige foto's wil aankoop. Dit sal my baie help as u kan meld uit watter album die foto's kom wat u bestel. Ek wil ook graag die heel oorspronklike foto wat u koop aan u voorsien, maar hulle is tot 10 MB groot. Ons kan hoor of u e-pos dit sal kan hanteer. Ek kan foto's per e-pos aanstuur of op 'n CD skryf teen 'n addisionele koste van R10 per CD, om afgehaal te word by my woning in Upington.

29/07/2019

Ek werk so vinnig moontlik om meer as 1400 foto's van die Gemsbok Rally op te laai en vra asseblief u geduld. Navrae is welkom maar dit sal eers moontlik wees om alles te kies wat u dalk wil hê nadat alles opgelaai is. Om die maklikste na alle albums te navigeer, kliek links by die kieslys op Photos en kliek dan by Albums op See All. Die Albums is dan chronologies gelys.

28/07/2019
28/07/2019
28/07/2019
Vroegoggend, toe net 'n paar karretjies en fietse mekaar gejaag het, en ek gedink het daar gaan nie 'n groot opkoms wees...
28/07/2019

Vroegoggend, toe net 'n paar karretjies en fietse mekaar gejaag het, en ek gedink het daar gaan nie 'n groot opkoms wees nie. Hoe verkeerd was ek toe nie!

27/07/2019

Hier onder is vandag se album met 'n klein seleksie van foto's uit die totaal van meer as 1500 wat vandag by die Gemsbok Rally geneem is. Alle geskikte foto's moet nou geselekteer en verwerk word en sal in 'n hoeveelheid albums geplaas word. Indien u die blad Like, sal u natuurlik dadelik weet van elke nuwe album sodra dit geplaas word.

Hier is net 'n klein seleksie van alle foto's vandag geneem by die Gemsbok Rally te Upington, aangebied deur die Wild Bu...
27/07/2019

Hier is net 'n klein seleksie van alle foto's vandag geneem by die Gemsbok Rally te Upington, aangebied deur die Wild Bulls Motorcycle Club.

Address

Upington

Opening Hours

Monday 07:00 - 21:00
Tuesday 07:00 - 21:00
Wednesday 07:00 - 21:00
Thursday 07:00 - 21:00
Friday 07:00 - 21:00
Saturday 08:00 - 18:00
Sunday 09:00 - 18:00

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Dawie's Photos posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category