30/12/2025
Vandag is my laaste photo shoot vir 2025. 🥺
Dit voel amper onwerklik om dit te sê. Hierdie jaar was vol groei, uitdagings, seëninge en soveel spesiale oomblikke wat ek die voorreg gehad het om vas te vang.
Ek wil uit die diepte van my hart vir elke liewe kliënt baie dankie sê vir julle ondersteuning, vertroue en liefde. Dankie dat julle my gekies het om deel te wees van julle spesiale oomblikke van klein, stil oomblikke tot groot lewensmylpale. Ek waardeer dit opreg meer as wat woorde kan beskryf.
Elke fotosessie, elke glimlag en elke storie het bygedra tot my reis, en sonder julle sou dit nie moontlik wees nie. Julle ondersteuning beteken vir my alles en moedig my aan om aan te hou droom, skep en groei.
Ek sien vreeslik uit na 2026, met ou én nuwe kliënte, nuwe idees, nuwe herinneringe en nog baie mooi stories om vas te vang. Ek kan regtig nie wag om die nuwe jaar aan te pak en te sien wat alles vir my voorlê nie.
Ek wens vir elkeen van julle geluk, liefde, seëninge en blydskap vir 2026.
Weer eens, baie dankie aan almal wat my ondersteun het, ek waardeer elkeen van julle ongelooflik baie 🤍📸✨