Zahnie Photography

Zahnie Photography Professionele Fotograaf - Couple Shoots
- Family Shoots
- Newborn Shoots
- Portfolio Shoots
- Birthday Parties

24/11/2025
PART 2 - Die misterieuse wonder van die Kruger National Park lê soos ’n heilige fluistering oor die aarde. Dis asof die ...
24/11/2025

PART 2 - Die misterieuse wonder van die Kruger National Park lê soos ’n heilige fluistering oor die aarde. Dis asof die son, die stof en die stilte saam ’n verhaal vorm wat geen mens ten volle kan vertel nie. Hier loop die natuur met ’n antieke waardigheid—elke dier, elke graspol, elke doringtak, presies só geskape dat woorde soms eenvoudig te klein voel.
Die winterdroogte rek soos ’n uitasem sug oor die vlaktes, en die kilometers tussen watergate word ’n toets van lewe en oorlewing. Tog bly die wildtuin se hart hardnekkig klop. Oral oor die landskap is tekens van beweging: fyn stofstrepe in die pad, afgerukte takke, vars spore. Die olifante—reuse van wysheid—stap stadig en seker, hul teenwoordigheid voelbaar lank before jy hulle sien. Dis asof hul voete die aarde self herinner aan haar oeroude ritme.
In die skemer word die wildtuin ’n ander wêreld: stilte wat leef, skaduwees wat asemhaal, en die son se laaste lig wat die grasvelde streel. En jy staan daar—klein, nederig, oorweldig—want jy besef dat jy net ’n besoeker is in ’n koninkryk waar die natuur nog koning is. Die Kruger is nie net ’n plek nie… dis ’n gevoel, ’n misterie, ’n wonder wat jou siel stil maak.

PART 1 - Die misterieuse wonder van die Kruger National Park lê soos ’n heilige fluistering oor die aarde. Dis asof die ...
18/11/2025

PART 1 - Die misterieuse wonder van die Kruger National Park lê soos ’n heilige fluistering oor die aarde. Dis asof die son, die stof en die stilte saam ’n verhaal vorm wat geen mens ten volle kan vertel nie. Hier loop die natuur met ’n antieke waardigheid—elke dier, elke graspol, elke doringtak, presies só geskape dat woorde soms eenvoudig te klein voel.

Die winterdroogte rek soos ’n uitasem sug oor die vlaktes, en die kilometers tussen watergate word ’n toets van lewe en oorlewing. Tog bly die wildtuin se hart hardnekkig klop. Oral oor die landskap is tekens van beweging: fyn stofstrepe in die pad, afgerukte takke, vars spore. Die olifante—reuse van wysheid—stap stadig en seker, hul teenwoordigheid voelbaar lank before jy hulle sien. Dis asof hul voete die aarde self herinner aan haar oeroude ritme.

In die skemer word die wildtuin ’n ander wêreld: stilte wat leef, skaduwees wat asemhaal, en die son se laaste lig wat die grasvelde streel. En jy staan daar—klein, nederig, oorweldig—want jy besef dat jy net ’n besoeker is in ’n koninkryk waar die natuur nog koning is. Die Kruger is nie net ’n plek nie… dis ’n gevoel, ’n misterie, ’n wonder wat jou siel stil maak.

Sheila, het by ons gearriveer met 2 gebreekte agterbene (was raakgery) en bosluiskoors onderlede gehad. Albei agterbene ...
08/01/2024

Sheila, het by ons gearriveer met 2 gebreekte agterbene (was raakgery) en bosluiskoors onderlede gehad. Albei agterbene het penne gekry en het sy aan die begin nie geweet hoe om weer normaal te loop nie. Stelselmatig het sy weer geleer en vandag hardloop sy asof sy nooit enige probleme gehad het nie. Sy het luilekker dae. Slaap onder haar nooi se werkstafel.

Lank lewe Sheila



Thomas My persoonlike assistentKom gooi gou 'n oog tydens 'n fotosessie. Hou alles op 'n afstand dop. Die mooiste swart ...
07/01/2024

Thomas
My persoonlike assistent
Kom gooi gou 'n oog tydens 'n fotosessie. Hou alles op 'n afstand dop. Die mooiste swart kat. Soveel persoonlikheid en grasie. 'n Persoonlikheid wat geen perke ken nie.

Lank lewe Thomas



Duker BoyWanneer jy die hele week hoor elke hond gaan vir 'n fotosessie en jy nie jou opgewondenheid kan keer nie! Hoeko...
07/01/2024

Duker Boy
Wanneer jy die hele week hoor elke hond gaan vir 'n fotosessie en jy nie jou opgewondenheid kan keer nie! Hoekom? Jy kry glo 'n paar dae se hoeveelheid treats, in die fotosessie! Maar soos dit mos nou met 'n energieke hond gaan, kom ons rol gou in knapse kêrels, koek ons pels en ontvang 'n nood skeer! Dan lyk mens so! Ek wil my dood lag, hy tick al die boksies vir pose, maar die geheel beeld! Ek kan nie!

Lank lewe Duker Boy

Boela Ek sal altyd die klein hondjie in jou hart bly, al het die jare aangestap. Ek wil nog rond hardloop en die bal van...
05/01/2024

Boela
Ek sal altyd die klein hondjie in jou hart bly, al het die jare aangestap. Ek wil nog rond hardloop en die bal vang, maar my bene het styf geword. Weet net dat my liefde, wat soos sonstrale uit my oë skyn, nooit ooit oud sal word nie. My ore spits nog skerp wanneer ek my naam hoor. Ek kyk na jou en gee my beste brakker lag. Dankie dat ek jou companion kan wees en dat jy my vandag bederf het met treats tydens die fotosessie. Ek pas jou nogsteeds op, loop styf teen jou, loer kort-kort waar jy is en kyk nog met dieselfde liefde na jou.
Ek het oud geword, maar dit is die lekkerste plek op aarde waar ek wil wees, net by jou.

Boela was as 'n klein hondjie, langs Witbank dam gerescue, reeds katgriep onderlede gehad en by die dood omgedraai. Deurgehaal en van daardie eerste dag net 'n koninklike lewe gekry.

Lank lewe Boela

Dennebolle Ongeveer 153miljoen jaar gelede ontdek. Vandag is dit 'n gesogte item vir kerstafels, trou dekor, brandhout e...
28/12/2023

Dennebolle
Ongeveer 153miljoen jaar gelede ontdek. Vandag is dit 'n gesogte item vir kerstafels, trou dekor, brandhout en medisinale gebruike.
Hierdie is geneem in my tuin uit verskillende hoeke. Die simbool van spiritualiteit en onsterflikheid.


Blomme uit my tuin
21/12/2023

Blomme uit my tuin


PearlPearl was by 'n veearts afgelewer tesame met haar katjies, om uitgesit te word. Ons het Pearl ingeneem en haar katj...
10/12/2023

Pearl
Pearl was by 'n veearts afgelewer tesame met haar katjies, om uitgesit te word. Ons het Pearl ingeneem en haar katjies is later aangeneem. Pearl het nooit 'n forever huis ontvang nie en ons het haar gehou.

Pearl was 'n veldkat, skugter en hou nie van aanraking nie, tog sal sy by jou kom skuur en toelaat dat jy haar vryfies gee. Sy is baie gelukkig en is hierdie haar huis.

Ek wou Pearl fotografeer, waar sy skuiling het en tesame veilig voel, en in 'n omgewing wat vir haar gemaklik is, haar beddings en speelplek. So tussendeur die fotonemery, kom skuur sy en geniet die aandag.

Lank lewe Pearly Pearl



Address

61 Kroghstreet
Volksrust
2470

Telephone

+27833038258

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Zahnie Photography posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Zahnie Photography:

Share

Category