22/07/2026
A glimpse of forever. 🤍✨ Here's a little preview of a beautiful day filled with love, laughter, and unforgettable moments.
Venue: BC Wines Venue & NG Kerk Worcester Noord
Koordineerder: A&I Fynbos
Spyseniering: Anne Se Spens & Penne se Spitbraai
Blomme: A&I Fynbos
Hare & Make-up: Revive Hair & Beauty Salon
Troukoek: Christal Meiring
Photobooth: BrightCam
Dekor: Wildflower Hire [A&I Fynbos] & Best Events
Trourok: Fynbos Bridal
Bruidegom pak: Suit Hire Paarl
Fotograaf: Jacques Smit Photography
Videograaf: F & T Visuals
DJ: DJ Abraham van Timsa
Live Painter: Alyssa, With Love
Alles het begin op 7 Mei 2022 met 'n karaoke-aand en 'n ou wat eers gebel het om seker te maak ek het hom nie 'n vals nommer gegee nie.
Nie lank daarna nie, ontmoet Ockert my ouers... en tot my groot verbasing gee my pa vir hom die sleutels van sy geliefde Fortuner, die voertuig wat ek as sy eie dogter skaars ooit mag bestuur het! Ek was glad nie beïndruk nie, maar een hand op my been op pad terug Worcester toe was al wat nodig was om my weer te laat glimlag.
Daardie klein oomblikke het die fondasie van ons liefde geword.
My eerste kêrel het op 19 Julie 2024 my verloofde geword, en op 11 Julie 2026 het ons uiteindelik voor God, ons familie en vriende "ja" vir altyd gesê.
Van 'n karaoke-aand en 'n telefoonoproep... tot ons eie sprokiesverhaal. En ons glo die mooiste hoofstukke lê nog voor.